Boek: Gaap

GaapMarco Viale

Het jy al ooit probeer om op te hou gaap? Dis onmoontlik!

Dis soos om te probeer om die reën te laat ophou val. Of soos om jou ouers te oorreed dat sjokolade jou vinniger sal laat groei as groenbone.

As ʼn gaap kom, moet dit nie onderdruk nie, want netnou raak jy aan die slaap!

Hierdie is ʼn uitstekende boek vir ouers wat sukkel om kleintjies aan die slaap te maak! Niemand kan met hierdie boek ʼn gaap onderdruk nie!

Oor die outeur

Marco Viale is in ʼn klein Italiaanse kusdorpie gebore. Hy is outeur en illustreerder, skilder, en het veel van sy werke in hoofkunsgalerye in Italië en Suid-Frankryk uitgestal. Die uitgewerye met wie hy al gewerk het, sluit in DeAgostini, Mondadori, Einaudi, Ravensburger, Pearson en Usborne. In 2013 is die nasionale Italiaanse prys “Nati per Leggere 2013” aan hom toegeken en in 2014 wen hy die “Il Mangialibro 2014“-kompetisie vir La città dei lupi blu.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JC ·

Wonderlik, nou beskikbaar in Afrikaans- danksy Nicol Stassen se vertaalwerk!

Afrikaans blom nou werklik pragtig!! Niks onheilspellends omtrent Afrikaans se toekoms hier te sien nie-inteendeel die doemprofete blyk besig te wees met selfvervullende profesies omtrent “die prag van Afrika”- wat NOOIT sal materialiseer nie danksy ons mense se liefde vir ons taal en werke soos die wat Afrikaner kinders opnuut ‘n liefde laat koester vir lees IN AFRIKAANS- HUL MOEDERTAAL.

Afrikaans Leef !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.