Saamgestel en ontwerp deur Heinrich van den Berg
HPH Publishing, ʼn uitgewery in Johannesburg, het ywerige fotograwe gevra om foto’s in te stuur wat gedurende die 35 dae van algehele afsondering geneem is.
Uit meer as 700 inskrywings is die bestes gekies en in ʼn gratis e-boek omskep wat deur Heinrich van den Berg ontwerp is.
Garden Lockdown bied ʼn versameling van die pragtigste tuinfotografie. Die uitgewer vertel dat die foto’s ʼn simbool is van die vryheid waarna almal gedurende die afsonderingstydperk smag.
Die boek is op HPH Publishing se webwerf beskikbaar. Klik hier om dit gratis af te laai.