Boek: Gebed – ’n kragtige wapen

GebedKragtigeWapen.jpgStormie Omartian

Daar is ’n oorlog wat geveg word tussen goed en sleg en elke gelowige is betrokke. Niemand kan vandag meer langs die kantlyn staan wanneer dit by geestelike sake kom nie. Vir elke Christen wat ’n sinvolle gebedslewe wil hê, wys topverkoper-outeur Stormie Omartian in Gebed – ’n kragtige wapen hoe om met krag en doelgerigtheid te bid.

Die 12 praktiese hoofstukke bespreek temas soos:

  • ken jou Bevelvoerder en staan langs Hom
  • wees seker oor jou gesag in gebed
  • word ervare in jou geestelike wapens

Naas die sterk gebed aan die einde van elke hoofstuk om lesers in gebed te lei, sluit Stormie die boek af met 20 spesifieke gebede vir geestelike oorlogvoering wat elke gebedskryger moet ken.

Gebed – ’n kragtige wapen is ’n moet-lees vir enigiemand wat gretig is om ’n gebedskryger te word en saam met God deur gebed te veg om mense en situasies te verander.

Oor die outeurs:

Stormie Omartian is ’n topverkoper-outeur en daar is al meer as 23 miljoen van haar boeke verkoop. Dit sluit die The Power of a Praying®-trefferreeks in, waaronder The Power of a Praying® Life, The Power of a Praying® Wife en The Power of a Praying® Husband. Stormie en haar man, Michael, is al vir meer as 40 jaar getroud en het 2 volwasse kinders.

UITGEWER: CHRISTELIKE UITGEWERSMAATSKAPPY
PRYS: R149.95*
*PRYS ONDERHEWIG AAN VERANDERING

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.