Winckler en kroos deel Vadersdagboodskap

Aletté-Johanni Winckler

“Om ’n huis vol kinders te hê is ’n voorreg, ’n seën, ’n roeping, maar ook báie bedrywig en deurmekaar,” vertel Aletté-Johanni Winckler, skrywer van Gediggies vir vrolike gesiggies. “In kinders se eerste vormingsjare is dit soms moeilik om al die balle in die lug te hou.”

Dié boek bestaan uit ʼn versameling van 49 kindergedigte met ‘n Christelike inslag. Dit bevat ook verskuilde lesse wat ouers kan help om lewenswaarhede speel-speel en op ’n ligte trant (eerder as met ’n preek in die kombuis) aan hulle kinders oor te dra.

Dit is geskik vir kinders tussen die ouderdomme drie tot agt jaar en dek onderwerpe waaroor kinders dikwels wonder en baie vrae het. Dit sluit in vrae oor God die Vader, Seun en Heilige Gees, die skepping, familie, vrese, respek, jou waarde en waar elkeen van ons inpas in God se plan en die wêreld.

In Gediggies vir vrolike gesiggies is daar vir elke gedig teksverse en pragtige illustrasies deur Wess-lee de Klerk.

Elke boek sluit ’n CD met 20 gediggies en liedjies in deur Heinz Winckler, Sumari Schoeman en Céhanè de Beer.

Oor die outeur

Aletté het ’n graad in joernalistiek en is ’n gepubliseerde skrywer, motiveringspreker, liedjieskrywer, TV-aanbieder en stylkonsultant. Aletté en Heinz is die trotse ouers van vier pragtige kinders. Hulle woon in Somerset-Wes, Wes-Kaap.

Luister hier na Winckler en haar kroos se spesiale voorlesing uit “Gediggies vir vrolike gesiggies”:

Publikasiedatum: 1 April 2020
Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R200,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.