Boek: Gee jou stres ‘n uitklophou

Stresdeur Deborah Smith Pegues

Weerhou stres jou dalk daarvan om die rus, pret en goeie gesondheid wat jy so graag wil hê te ervaar?

In Gee jou stres ’n uitklophou deel gedragskundige Deborah Smith Pegues die verrassende oorsake van stres, asook eenvoudige, lewensveranderende raad om in een maand stresvry te begin leef.

Leer in slegs 30 dae hoe om:

  • selfvernietigende gedrag te verander
  • vandag te geniet
  • realisties te wees oor verwagtings
  • van spanning ontslae te raak
  • ’n sterk ondersteuningstelsel te skep

Deborah Smith Pegues kombineer in Gee jou stres ’n uitklophou persoonlike staaltjies, vrae vir nadenke, gebede, Bybelse beginsels en riglyne wat jou sal help om in ’n relatief kort tydperk van stres ontslae te raak en die lewe ten volle te geniet.

Oor die outeur:
Deborah Smith Pegues is ’n geoktrooieerde rekenmeester, besigheidsvrou, Bybelonderwyser, geregistreerde gedragskundige en internasionale spreker. Mense oor die hele wêreld het al genesing gevind deur haar praatjies. Sy is die skrywer van 14 boeke. Deborah en haar man, Darnell, is al vir meer as 30 jaar getroud.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R99-95*
Prys onderhewig aan verandering

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.