Boek: Geen engel nie

André Krüger

Op die oog af is die held in André Krüger se jongste roman ʼn ongure karakter. Die leser maak vir die eerste keer met hom kennis waar hy in ʼn donker kamer wag om sy allerlaaste misdaad te pleeg. Daar is nie slegte mense nie, lui die gesegde, net slegte besluite. En só, wagtend in hierdie donker vertrek, ontvou ʼn lewe en die keuses wat ʼn man tot hier gebring het. Die verteller onthou sy moeilike kinderdae in Randfontein en Germiston, waar hy moes baklei vir sy ma se aandag en sy man teen boelies moes staan. Gou was hy by misdaad betrek en moes hy as middeljarige kies of hy tronk of weermag toe gaan.

Tronk en diensplig blyk egter twee kante van dieselfde muntstuk te wees, en dit is in die SAW waar hy bande smee met die mense saam met wie hy ʼn smokkelnetwerk sal bedryf wat in die nagklubs van Sunnyside afspeel. Dit is ʼn harde wêreld vol skermutselinge met kompeterende bendes, met selfs ʼn neweverhaal wat die oorlog in Bosnië by die verhaal betrek.

Oor die skrywer

Krüger is die skrywer van Die twee lewens van Dieter Ondracek, Komplot en ʼn Redelike hoeveelheid moeilikheid. Die twee lewens van Dieter Ondracek is met die UJ-debuutprys bekroon. Krüger is in Johannesburg gebore waar hy in die regte en filosofie studeer het. Hy woon en werk tans in Stellenbosch.

Genre: Fiksie
Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R270,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Penguin Random House

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.