Boek: Geheime revolusie: Memoires van ‘n spioenbaas (Niël Barnard)

geheime revolusie

Niël Barnard

In die duistere wêreld van spioene geld die gewone reëls nie en is alles geoorloof in die naam van landsveiligheid – selfs om met die staat se Vyand No. 1 te praat.

Dit is presies wat Niël Barnard in die laat 1980’s as hoof van die Nasionale Intelligensiediens (NI) gedoen het. In opdrag van PW Botha het hy in die geheim gesprekke met Nelson Mandela begin voer oor die moontlikheid van ’n demokratiese verkiesing en ’n meerderheidsregering. Nie eens die kabinet was bewus van hierdie gesprekke nie.

Geheime Revolusie onthul besonderhede oor hierdie ontmoetings – die eerste stap in die rigting van ’n demokratiese Suid-Afrika – asook oor die spesiale persoonlike band wat tussen die twee mans ontwikkel het. Sowel Mandela as Barnard was sterk persoonlikhede wat by tye hardkoppig en selfs kwasterig kon wees, maar al twee het die gewig besef van dit waarmee hulle besig was.

Die boek bied ook ’n fassinerende blik op die alledaagse lewe van spioene en die suksesse van NI in die 1980’s. As spioenbaas het Barnard daarin geslaag om bande te vestig met vriende en vyande van die Suid-Afrikaanse staat. Hy het nie net talle Afrika-leiers besoek in ’n tyd toe Suid-Afrika die muishond van die wêreld was nie, maar selfs intelligensiebande met kommunistiese Rusland gebou.

’n Moet vir enigeen wat wonder oor wat alles in die 1980’s agter die politieke skerms gebeur het.

Oor die outeurs:
Niël Barnard was hoof van die Nasionale Intelligensiediens (NI) en eerste minister PW Botha se regterhand gedurende die 1980’s. In 1988 en 1989 het hy ’n reeks geheime gesprekke gehad met Nelson Mandela, wat toe nog in aanhouding was. Hierdie gesprekke het die fondasie gelê vir Mandela se vrylating in 1990, die ANC se ontbanning en die politieke hervorming wat daarop sou volg. In die vroeë 1990’s het Barnard as direkteur-generaal van die departement van konstitusionele ontwikkeling ’n sleutelrol gespeel in die onderhandelingsproses en die opstel van die Grondwet.

Tobie Wiese is ’n gesoute joernalis en skrywer. Hy was onder meer al nuusredakteur van Huisgenoot, adjunkredakteur van Insig en drie jaar lank lektor in die Joernalistiekdepartement aan die Universiteit Stellenbosch. In sy laaste jare by Media24 was hy ’n bestuurder van die maatskappy se Joernalistieke Akademie.

Klik hier om die boek te koop.
Uitgewer: Tafelberg
Prys: R250-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Henk ·

Neil Barnard, hoekom het jy nie in jou boek die waarheid gepraat oor jou agterbaksheid tydens Kodesa en die onderhandelinge nie om hierdie land uit te verkoop nie?
Hoekom het jy nie die waarheid gepraat oor hoe ministers mislei is deur jou en jou organisasie en jy agteraf onderhandel het anders as wat jou instruksies was nie?
Het die fontein opgedroog nou moet jy ‘n boek skryf vir ‘n inkosmte?

john annandale ·

hello henk
moetnie vir niel aanval nie.
fw de klerk het nie n mandaat gehad om te die land uit te verkoop nie
kyk maar na al die NP onderhanderlaars wessels en meyer,
het hulle geweet wat hulle doen?
hulle het nie die vyand geken nie en was naief om die minste te se

Johannes Comestor ·

Henk, die boek handel oor die tydperk tot Nelson Mandela se vrylating in 1990. Wat by Kodesa gebeur het, sal in ‘n latere boek ter sprake kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.