Boek: Geheime van die Wilde Woud

Tonke Dragt

ʼn Jong ridder.
ʼn Betowerde woud.
ʼn Lewensgevaarlike soektog.

Een van die koning se ridders word vermis. Tiuri kry die gevaarlike opdrag om hom te gaan soek. Saam met sy vriend Piak vertrek hy na die Wilde Woud. Oor die Wilde Woud word vreemde stories vertel – van woeste rowers en bosgeeste, ruïnes en kronkelpaaie wat doodloop en geheimsinnige Manne met Groen Klere …

Die verhaal bevat al die bestanddele van ʼn tydlose avontuur: ʼn ware held, vriendskap, liefde, dapperheid, lojaliteit, ridderlikheid … en skelm skurke.

Geheime van die Wilde Woud is geskryf deur Tonke Dragt en volg op Die brief vir die koning wat in Maart by Protea Boekhuis verskyn het. Daniel Hugo het dit na Afrikaans vertaal.

Oor die skrywer

Antonia “Tonke” Johanna Willemina Dragt is ʼn Nederlandse kinderboekskrywer en -illustreerder. De brief voor de Koning is deur CPNB gekies as die beste Nederlandse jeugboek van die tweede helfte van die twintigste eeu. Die Nederlandse rolprent De brief voor de Koning verskyn in 2008, en die sesdelige Netflix-reeks The Letter for the King in 2020.

Oor die vertaler

Daniel Hugo was ʼn spesialisomroeper by Radiosondergrense en verantwoordelik vir die literêre program “Leeskring”. Hy is ʼn gerekende digter met 16 poësiebundels uit sy pen. As vertaler het hy reeds die werke van onder andere Tom Lanoye, Rutger Kopland, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen, Cecily Mary Barker en Hugo Claus in Afrikaans vertaal.

Prys: R350,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AW ·

Ekke gaan so af en toe na daardie woud, doen my gemoed net wonders !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.