Boek:  Geheime vir ’n gelukkige huwelik

Geheime_Gelukkige_Huwelik.jpgCraig & Amy Groeschel

Dit is die keuses wat mense elke dag maak wat hul verhouding met God en die kwaliteit van hul huwelik bepaal.

In Geheime vir ’n gelukkige huwelik wys Craig en Amy Groeschel lesers vyf keuses wat hul huwelik onbreekbaar kan versterk:

  1. Soek God
  2. Baklei regverdig
  3. Doen goed wat pret is
  4. Bly rein
  5. Moet nooit opgee nie

As huweliksmaats hulle daartoe verbind om hierdie keuses elke dag uit te voer, sal dit ’n ryker en dieper huweliksverhouding voortbring.

Geheime vir ’n gelukkige huwelik praat reguit met lesers en voeg daardie stukkie humor in wat hulle sal aanspoor om met passie en vreugde te baklei vir die belangrikste verhouding in hul lewe.

Oor die outeurs

Craig Groeschel is die stigter en senior leraar van LifeChurch.tv, ’n baanbreker op die gebied van multiperseel kerke. LifeChurch.tv was ook betrokke by die skepping van die gewilde You Version Bible App. Craig is ook die outeur van verskeie boeke, onder andere Detoks vir die siel. Craig, sy vrou, Amy, en hulle ses kinders woon in Edmond, Oklahoma.

Amy Groeschel is ’n ma wat tuisonderrig gee en leier is van LifeChurch.tv se vrouebediening. Sy is ook die stigter van Branch15, ’n nie-winsgewende bediening wat aan vroue in nood behuising bied.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R129,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.