Boek: Geknelde land

Nuut uit Proteaboekhuis se boekstal is Geknelde land van FA Venter

Hoe gebeur dit dat ’n hele gevestigde gemeenskap sy tentpenne uitruk en die wildernis intrek? In Geknelde land gee Venter ’n diep-menslike antwoord op dié en ook op baie ander vrae oor die Groot Trek. Dit is die verhaal van die Dreyer-gesin van Grensplaas en vertel van die ontberings en terugslae wat dié boeregesin moes verduur voor hulle uiteindelik ook besluit om te trek. Die hooffiguur, Rudolf Dreyer, weier aanvanklik om sy plaas te verlaat, selfs nadat dit verwoes is. Geknelde land is ’n uitbeelding van die konflik in Rudolf se gemoed en die stryd wat hy met sy medemens en met homself voer voordat hy tot ’n besluit gedwing word.

Oor die skrywer:
Frans Venter (1916–1997) gaan skool op Strydenburg en Hopetown en studeer later letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Vanaf 1938 is hy joernalis totdat hy as enigste seun hom in 1959 op die familieplaas, Constantia, vestig. Hy ontvang die Hertzogprys vir Prosa in 1976.

Titel: Geknelde land
Skrywer: FA Venter
Genre: Fiksie
Prys: R250.00 (BTW ingesluit)
www.proteaboekhuis.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

humor ·

Ons jongmense moet hierdie boek Geknelde land en die wat daarop volg lees sodat hul kan weet waar van daan kom hulle.

Wessel ·

Dit is wonderlik om te sien dat hierdie boek weer in druk is. Ek hoop die ander drie boeke wat daarop volg van F A Venter nl: Offerland, Gelofteland en Bedoelde Land word ook weer gedruk. Alles gee ‘n goeie beskrywing van die Afrikaanse geskiedenis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.