Boek: ‘Geleende seisoene’ – Carla Botha

Carla Botha 

Carla Botha se debuutbundel met die titel Geleende Seisoene, is die begin van ʼn diep menslike gesprek met elke leser. Die wye verskeidenheid gedigte in hierdie bundel is opgedra aan ieder en elk wat worstel met die alledaagse, kortstondige lewe – geloof, liefde en verliese in hul verskeidenheid vorme.

Die spreker se grootwordjare lê die fondament vir hierdie bundel met sy tematiese variasies wat getuig van tegniese vernuf, en open die venster vir ʼn kykie in die digterspreker se unieke, dog eerlike en universele ervaringe wat diep uit die siel kom.

Oor die skrywer

Botha het grootgeword op die plaasdorp Vaalwater. Sy het na skool die Waterberge verruil vir verdere studie by die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie in Pretoria. As jong skoolonderwyser het die reisgogga haar gebyt en is sy vort op soek na avonture waar sy verder gaan studeer het, eers in Amerika en toe in Parys, Frankryk, waar sy haar meestersgraad verwerf het. Hoewel haar voete en siel nog nie rus gevind het nie, anker haar diep liefde vir woorde en Afrikaans haar. Sy is ook die stigter van Ons skryf Afrikaans op sosiale media en het nog baie planne vir die platform om Afrikaans te help bevorder.

Sy werk tans by New York University in Abu Dhabi waar sy heeltyds klasse in akademiese skryfwerk en ʼn gemengde literatuur aanbied. Sy is ook besig met haar doktorale studie aan die Universiteit van Amsterdam. Van haar fotografie en Engelse digkuns en boekresensies is al in Nederland en Amerika gepubliseer.

Geleende seisoene deur Carla Botha word deur Minimal Press uitgegee en dit kos R240. Om die boek te koop, stuur ʼn e-pos na Steenkamp Boettger by [email protected].  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.