Boek: Geloofskatte in die Evangelies

Adrio König

Ontdek die verrassings wat weggesteek lê in die bekende tekste van die Evangelies.

Weet ons presies wat staan alles in die Evangelies, of dínk ons ons weet? In Geloofskatte in die Evangelies diep Adrio König honderde verrassende skatte op wat die leser op ʼn totaal nuwe manier na die Evangelies sal laat kyk.

Hy bespreek vrae soos:

  • Hoekom wou Johannes die doper nie vir Jesus doop nie?
  • Het Jesus en die dissipels mekaar verstaan?
  • Het Jesus opgestaan, of is Hy opgewek?
  • Hoekom het Jesus nie in die Grieke belanggestel nie?
  • Het Jesus regtig sy dissipels verbied om na die heidene te gaan? Hoe kan ons dan?
  • Het Jesus iets van boerdery geweet? Hoe kan Hy dan vertel van ʼn boer wat driekwart van die saad mors?
  • Watter slinkse plan het die Joodse leiers gemaak om Jesus te vang?
  • Het Jesus regtig gesê ons mag niemand oordeel nie? Hy het dan mense erg geoordeel.

Adrio König beantwoord hierdie vrae eerlik en die antwoorde is diep begrond in deeglike Skrifstudie. Hierdie kort, amper weggesteekte, genadeskatte sal die leser onder ʼn dieper besef bring van al die belangrikste Christelike geloofsoortuigings en só vaster laat staan in sy of haar geloof.

Oor die outeur

Adrio König se grootste belangstelling is die Bybel self. Hy beskou sy lewens­taak as Bybellees, maar hy lees die Bybel deur ander mense se bril. Hy lees boeke wat die Bybel anders verstaan as hyself. Dit maak sy oë oop vir dinge wat hy nooit self raakgesien het nie. Daarom kan hy telkens nuwe insigte na vore bring, en dikwels ou oortuigings aanpas.

Uitgewer: CUM Boeke
Prys: R190,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.