Boek: Gemaklik in Jou eie lyf

9781432303549-Gemaklik-in-Jou-Eie-Lyf-Leandie-du-Randt-HRdeur Leandie du Randt

Leandie du Randt is ’n gewilde jong Afrikaanse aktrise en ook ’n geregistreerde psigometris. Gemaklik in Jou Eie Lyf het ontstaan uit haar passie om mense te help en uit haar eie ondervinding en dus het sy hierdie boek geskryf gemik daarop om jonger meisies te help om selfvertroue te ontwikkel en die beste weergawe van hulself te wees.

Die boek is geskryf in gemaklike taal wat tieners sal verstaan, maar die boek bevat wysheid en lesse wat breër van toepassing kan wees. Die boek word as ’n drie-week-kursus aangebied met praktiese oefening aan die einde van elke dag. Die onderwerpe dek alle kwessies tieners sal raak, soos dwelm en alkoholmisbruik, groepsdruk, eetsteurnisse, liggaamsbeeld en dieper kwessies rondom gedagtes, innerlike selfvertroue en geestelike welstand. Die praktiese raad sal tienermeisies help om anders oor hulself te dink, om meer selfvertroue te kry en om mishandeling te hanteer en te rapporteer. Alhoewel daar ’n sterk geestelike boodskap is, ‘preek’ die outeur nie en maak sy dit duidelik dat die boek vir enige iemand is, wat ook al hul geloofsoortuiging.

Uitgewer: Random House Struik
Prys: R129-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

De Waal Basson ·

Wanneer verskyn die boek in Engels? Ek sou dit graag vir my Franse tiener dogter wou gee wie ongelukkig nie Afrikaans magtig is nie.

De Waal Basson ·

Wanneer verskyn die boek in Engels? Ek sou dit graag vir my Franse tiener dogter wou gee wie ongelukkig nie Afrikaans magtig is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.