Boek: Genade in oorvloed

 Genade in oorvloed (2).jpgAngus Buchan

Leef elke dag in God se teenwoordigheid en ontvang die seën wat God in oorvloedige genade vir jou gegee het.

Só sê die evangelis Angus Buchan in die 366 dagstukke in Genade in oorvloed. Elkeen van die kragtige oordenkings, geneem uit Die Bybel met Grassroots-oordenkings, bied ʼn teksvers, oordenking en kort gebed, en gee riglyne oor hoe om in ʼn hegter verhouding met God te leef. Dit sal jou deur die hele jaar verryk en bemoedig.

Genade in oorvloed sal vir jou ʼn beter begrip gee van wie God is en hoe jy in alle omstandighede op Hom kan vertrou.

Oor die outeur:

Angus Buchan het die roeping ervaar om die evangelie te verkondig, en in 1980 stig hy Shalom Ministries in Suid-Afrika. Hy skryf, neem TV-boodskappe op en reis om die woord van God aan mense wêreldwyd te bring. Hy is voltyds evangelis en ’n gewilde spreker. Angus en sy vrou, Jill, bly op die plaas Shalom in die KwaZulu-Natalse Middelland.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R249.95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.