Boek: ‘Geraamte in die klas’ (heruitgawe) – Fanie Viljoen

Fanie Viljoen

Stephan en sy vriend Cobus is in groot moeilikheid. Hulle het per ongeluk hulle onderwyser, juffrou Beneke, in ʼn geraamte verander! Maar dit is net die begin van die storie… want hulle moet haar dan op die skoolbus smokkel sodat hulle op ʼn gr. 7-toer kan gaan. Dan is daar boonop ʼn wilde jaagtog op ʼn spoedvarkie, ʼn geveg met ʼn seekat, gevaarlike rekspronge, wilde ape en wie weet wat nog alles. Wat gaan Stephan en Cobus omtrent juffrou Beneke doen?

ʼn Splinternuwe uitgawe van die topverkoper Geraamte in die klas wat met ʼn ATKV-Kinderboektoekenning en die MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke bekroon is. Dit is geskik vir kinders tussen nege en 12 jaar.

Oor die skrywer

Trefferboeke soos SlymKlouBetowerBravoLuluAksieheld Austin en die Nova-wetenskapfiksiereeks het van Fanie Viljoen ʼn huishoudelike naam gemaak. Viljoen het in Welkom grootgeword. Hy het op skool reeds in kuns belang gestel, en afgesien van sy bekroonde skryfwerk vir kinders en jongmense, is hy ook ʼn illustreerder en visuele kunstenaar. Van sy skilderye het ʼn tuiste in die VSA, Australië, Kanada en Brittanje gevind. Sy boeke Betower en Afkop was naaswenners in twee van Lapa Uitgewers se jeugromankompetisies, en hy het al ʼn rits ATKV-Woordveertjies verower. Fanie Viljoen woon in Bloemfontein en skryf heeltyds.

Oor die illustreerder

Theodore Key is ’n vryskut-illustreerder van Kaapstad. Hy het ʼn graad in grafiese ontwerp aan die Universiteit van Pretoria behaal en illustreer kinderboeke, advertensieveldtogte, tydskrifte en koerante. Wanneer hy nie besig is om te teken nie, swem hy in die see, lees boeke oor diere en geskiedenis of speel met sy kat.

Prys: R150,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.