Boek:  Gereed vir die wederkoms?

gereed vir die wederkomsJohan Smit

Wat is werklik belangrik – hoe die wêreld jou sien of hoe God jou sien? Dit is hierdie besef en die heerlikheid wat in die toekoms wag, wat dit vir Christene draaglik maak wanneer hulle ervaar hoe die wêreld hulle eenkant toe stoot.

Johan Smit moedig lesers in Gereed vir die wederkoms? aan om te volhard en nie moed op te gee in hul geloof nie. Dié Bybelstudie trek lesers se aandag in die 25 dele na die vooruitsig van die ewige lewe en om deur die krag van Christus lyding en vervolging te deurstaan.

Net soos die gelowiges aan wie Petrus sy briewe rig, moet gelowiges vandag ook opstaan vir dit waarin hulle glo. Johan Smit lig ook die riglyne uit wat Petrus se briewe vir Christene gee oor hoe om hulle geloof in die daaglikse lewenspraktyk sinvol te beoefen.

Gereed vir die wederkoms? is ideaal vir individue en klein groepe. Dit bevat die volledige teks van Petrus se twee briewe.

Oor die outeur:

Johan Smit was predikant in die NG Kerk-gemeentes Wynberg, Bellville-Oos en Helderberg. Johan was ook vir baie jare ’n aktiewe medewerker by die Kerkbode en Lig. Hy is getroud met Nina en hulle woon in Somerset-Wes.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R129,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Blondie ·

Wat van die ‘wegraping’ hoekom is in die verlede vandat ekke gebore is tot nou geglo in die wegraping (55 jare lank) en nou word dit weggeredeneer. ???????

Dee ·

Blondie, vandat jy gebore is en ook lank voor dit is die ‘wegraping’ beredeneer. Ek dink nie Bybelstudente het ooit tot ‘n vergelyk gekom oor of daar ‘n wegraping sal wees voor die wederkoms. Onthou jy net wat jy vir 55 jaar vertel is of het jyself ‘n studie daaroor gedoen? Opgelees daaroor? Sowat 2 dekades gelede het ‘n predikantvriend en myself dit gedoen en dae later gesels oor wat ons gelees het en kon steeds nie tot ‘n finale besluit kom oor of daar ‘n voorafgaande wegraping gaan wees. Dit sal interessant wees as meer lesers hul opinies hieroor uitspreek . Nie net hoor-sê opinies maar Skrif-gefundeerde opinies.

connie Georgiou ·

Blondie die wegraping en 2de koms van Jesus is een en dieselfde ding. Daar bestaan nie a 7 jaar tussen in soos ons geleer is nie en dat ons in daardue tyd a 2de kans gaan kry nie. Dis uit die duim gesuig en nerens in Bybel praat hul van wegraping nie maar die wederkoms van Jesus. Nog a ding moenie bekommerd wees oor wederkoms nie. Net God weet wanneer Jesus kom. Maar reg metGod nou want jy en ek sal dalk nie eers met wederkoms hier wees nie. Soos hul in engels se “Absent in the body,present with the Lord” Ons moet liewers dag vir dag lewe met die ewigheid voor ons en nie bekommerd wees oor wederkoms nie Groete Connie

Frans ·

Uit Genesis is dit duidelik dat die natuur sy gang sal gaan,wat dan insluit dat daar natuurrampe sal wees,soos vloede aardbewings,droogtes ens. Die mens sal dit moeilik vind
om ‘n bestaan uit die aarde te ontworstel en die vrou met moeite en verdriet die volgende geslag sal baar.

In Mat.24 gee Jesus duidelike riglyne waarvan deur die eeue sommige duideliker as ander na vore getree het, nasies teen nasies, valse godsdienste met valse Christusfigure,sal baie mense verlei, maar nog is dit die einde nie.

Omdat tyd nie ‘n faktor by God is nie kan ‘n mens ook nie ‘n tydsbepaling aan al die gebeurtenisse koppel nie en moet ‘n mens eerder lewe asof elke dag jou laaste is en bereid wees om in die geloof jou aardse gelapte tentwoning op kort kennisgewing te ontruim.

En na dit alles gaan die lewe soos ‘n nagwaak verby en keer die mens terug na die aarde.

Dee ·

Ek dink nie Frans het probeer om jou vraag te antwoord nie, Blondie. Ek het wel en sal graag terugvoering wil hê.

Frans ·

Blomdie

Daar is geen tydbeperking by God nie. In Johannes 14 wys Jesus wat sy dissipels wat die pad na God is.Daar is egter een ding wat baie Christenene volgens my totaal misverstaan.

Christus is volgens die Bybel die Een deur wie alles ontstaan het. Uit die wetenskap weet ons dat die begin wat ook as die Oerknal bekend staan ongeveer 13.7 biljoen jaar gelede plaasgevind het.

Die Bybel leer ons dat daar voor die Oerknal ‘n tydlose dimensie was, dws net ‘n oneindigheid.’n Oneindigheid bestaan net dit nie iets wat word nie.In hierdie oneindigheid
het die Oorsaak van alles , Christus bestaan . Christus is nie geskep nie, het nie geword nie maar was net soos die oneindigheid altyd daar en het deur ‘n wonderwerk wat buite menslike begripsvermoë val, maar nie van Christus (Oorsaak) mens geword.

Hieruit moet dit duidelik wees dat die dimensie waarna ons verwys as hemel nie te vinde is,in ons heelal nie maar wel buite ons dimensie in ‘n tydlose dimensie.Dit is dan ook om die rede dat Christus sê dat niemand Hom kan volg nie, want niemand kan verby die beginpunt beweeg nie, al sal mense ook in die eeue wat kom die heelal deurkruis.

Wanneer Christus kom sal die einde van die heelal ook aanbreek want anders kan ‘n nuwe hemel en aarde nie totstand kom nie.Daar moet egter baie dinge gebeur voor die tyd, soos die koms van die anti-chris wat die waarheid gaan verdraai.

Gaan daar ‘n fisiese wegraping wees.? Ek glo nie ,wat wel gaan gebeur dat daar ‘n lang verdrukking en onderdrukking van die ware Christelike godsdiens gaan wees, waarin groot menseleiers deur die wetenskap gedrewe sentraal sal staan en Christus sal reduseer tot ‘n randfiguur.

Moet dus nie jou nek breek oor of bekommerd raak oor wegraping nie, leef elke dag asof dit jou laaste is waarin jy ook die Evangelie kan verkondig.

Frans ·

As my vorige kommentaar geplaas word kan jy daar by voeg dat ons nie moet praat van ‘n wegraping nie maar eerder ‘n wegvoering, na die plek wat Christus vir ons voorberei het.

SNEL ·

Wegraping/Wederkoms…Jesus was gebore as baba, met Sy wederkoms vind die wegraping plaas en dan is daar n 1000 jaar vrede, 7 jaar verdrukking en die finale Wederkoms wanneer die oordeel gaan plaasvind…Armageddon. Ek glo die belangrikste is net om vas te staan in geloof, want dit verseker n plek in die Ewigheid vir ons, hoe die dinge op die einde inmekaar gaan val, maak dan nie saak nie, maar dat ons dit moeilik gaan hê en vas moet staan in geloof is beslis so. Lukas 21:36 Waak dan en bid altyd deur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.

Dee ·

En dink julle ook dat Isis een van die tekens van die tye is? Dit is immers die antichrist.

Chris du Plessis ·

Interessante kommentaar oor wegraping, wegvoering ens. Wat van al die profetiese beloftes aan die uitverkore volk se terugkeer na die Beloofde Land en die saam wees met die Messiah vir 1000 jaar in die land wat die Almagtige met ‘n eed aan Homself gesweer het? Sover ek verstaan het die uitverkore volk nie verdwyn nie en sal ook nooit en die Land wat aan hulle beloof is kon sekerlik ook nie verdwyn of verskuif het nie, veral nie na die buitenste ruimte nie.
Die wederkoms sal plaasvind net soos wat die hemelvaart plaasgevind het as ek reg verstaan en daar sal ‘n Heilige oorblyfsel gered word wat dan nie deel sal hê aan die tweede en finale oordeel nie. Hierdie kommentare maak nie werklik voorsiening vir diepgaande gesprek oor ‘n lang tyd nie dus kan u wat met my oor my kommentaar gesprek wil voer gerus na my e-pos skryf by ” [email protected]

Dee ·

Ek dink nie enigeen van die bydraers sover het ‘n “diepgaande gesprek wat strek oor ‘n lang tyd” in hierdie forum beoog nie. Dit was eenvoedig ‘n vraag wat gevra is en toe ‘n paar opinies ontlok het.

mike ·

Wat het geword van Open. 3:20 “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou en hy met My? OAV

Dee ·

Blondie, binne enkele ure het jy nou gesien dat jou vraag nie so maklik beantwoord kan word nie. Jy het blykbaar ook net ‘n klip in ‘n bos gegooi want in my eerste kommentaar het ek jou ‘n vraag gevra waarop jy nou nog nie geantwoord het nie.

Blondie ·

Nee Dee, ek het nie n klip in die bos gegooi nie, omdat ek in die tyd gekonfronteer word deur Pastore wat my in die verlede laat glo het in die wegraping. ..en nou my wil laat glo daar is nie so iets nie. Ek glo in die wegraping omdat ek glo die Here het my in my gees dit geopenbaar. ..maar die ‘Manne van God wat nou twyfel by die mens saai is vir my n probleem.

Dankie vir almal wat n bydra gelewer het.

Blondie ·

Dis verseker, ek gaan Johan Smit se boek koop. ..wil weet wat hy geskryf het.

Dee ·

Johan Smit se boek gaan steeds net sý idee wees oor dit waaroor jou vraag is. Miskien bespreek hy dit nie eens nie. Die antwoord is in die ou Hebreeuse geskrifte en vertalings wat daaruit gedoen is. Solank jy net iets geleer het uit hierdie bespreking – soek, soek, soek! Ons wonder net oor wat tussenin lê maar nà dit is ons in die wonderlike tydlose Ewigheid!

Oom Kallie ·

1 Thessalonicense 4:17 en 1 Korinthiërs 15:51, 52 wys duidelik op die wegraping. Dis die mense wat nie deur die verdrukking sal gaan nie. Die antichris sal eers verskyn nadat die 10 koninkryke klaar gevorm het wat hulle mag aan hom sal gee.

Dee ·

Dankie my oom – dìt is die soort inligting en menings wat ons graag wil hoor. Jy sal egter oplet dat die lesers lugtig is om opinies te waag.

Franz ·

Het Stiltetyd nou n advertensie kolom geword. Waar is die stukkie oordenking vir elke dag?

Frans ·

Die woord wat die Grieke gebruik het om die gebeurtenis (wegraping) te beskryf is ‘ moes vertaal gewees het met ‘ons sal weggevoer word’ wat iets anders as wegraping is.

Tyd en aarde het ‘n heel ander betekenis in die tyd van die Bybel gehad as wat ons vandag
daaraan toeken. Die aarde was die plek sover dit bekend was aan die mens.Selfs van ons voorouers het nog geglo dat die aarde plat was en dat jy daarvan afval as jy te na aan die rand kom.

Galileo Galilei is onder huisarres geplaas omdat sy bevindinge nie ooreengestem het
wat in die Bybel staan nie.Hy moes sewe boetepsalms een keer per week vir 3 jaar lees.
Die algemene opvatting van die tyd was dat die son om die aarde beweeg wat dan gelei het
tot wat vandag nog bekend staan as sonsopkoms en ondergang.

Moses het egter al ‘n ander opvatting oor tyd en ‘n mens se lewe gehad. Ek dink in Psalm 90
vergelyk hy ‘n 1000 jaar van God as ‘n nagwaak .Daar was 4 nagwake in 12 uur -dus was elke nagwaak 3 ure lank. Hierdie is dan ook al gebruik om die ouderdom van die aarde te bereken. 24 nagwake in 6 skeppingsdae sou dan beteken die aarde is 24 000 jaar oud,wat natuurlik totaal verkeerd is.

Moet dus nie tyd wat in die Bybel genoem word met ‘n moderne siening van dit vergelyk nie.Ook nie die term aarde nie. Aarde was maar net die gebied wat bekend was aan die mense.

Moet dus asb nie van God ‘n tydgebonde Wese maak nie.Omdat God ‘n tydlose entiteit is,sonder begin of einde is ‘n menslike tydbepaling ‘n belediging en dwing ons as het ware
God om binne ‘n mensgemaakte tydbepaling te funksioneer en dinge te doen wat ons menslike verstand uitgedink het Hy moes gedoen het en nog moet doen.

So iets is fataal en lei tot ‘n totale wanopvatting van ons Skepper wat die skepping in die palm van sy hand hou en deur die ingeboude natuurkragte instand hou.Die grootste fout wat ons ooit kan maak is om ons Skepper te vermenslik sodat ons op ‘n mensevlak van verstand Hom kan verstaan, bespreek en beredeneer wat waarskynlik spruit uit die feit dat Christus ‘n tyd lank as ‘n mens tussen die mense van die aarde gewoon , geleef en gesterf het -maar deur sy almag opgestaan en aan baie mense verskyn het.

Nie meer as ‘n gewone mens nie maar as iets totaal onbeskryflik en teruggekeer het na die dimensie waar hy vir ewig bestaan voor die grondlegging van die heelal.

Moet dus nie jy kop breek oor dinge soos die ‘wegraping/wegvoering’ . Daar is dinge wat buite ons menslike begripsvermoë val. Glo eerder en vertrou en dit is die kern van geloop
dat elke belofte van God vervat in die Bybel in vervulling sal gaan, al verstaan ons nie altyd hoe nie.

Frans ·

Oepsie -‘geloop’ moet lees ‘geloof’. Wanneer gan Maroelamedia bykom en ‘n wysigfasiliteit beskikbaar stel? Dit is ook makliker om iets in ‘Word’ te skryf en te lees en reg te stel as sinne wat in ‘n klein venster wegrol sodat jy soms tred verloor met dit wat jy reeds geskryf het.

Dan kan jy dit soos in baie ander blogs -net ‘copy and paste’ in die toegalete ruimte en woordbeperking.

Sune van Heerden ·

Dagsê Frans

Dankie vir jou navraag. Ons is reeds besig met ‘n hele stelsel wat dit vir gebruikers baie makliker gaan maak om kommentaar te lewer op Maroela – die hele proses gaan in hierdie jaar verander. Byt dus net bietjie vas – die veranderinge is binnekort hier! Lees dalk maar intussen jou kommentaar deur voor jy op die “stuur kommentaar”-knoppie druk.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Frans ·

Suné, dankie vir jou kommentaar en raad. Ongelukkig vir my en seker baie ander lesers beweeg ons vingers nie so vinnig soos ons verstand nie en rol sinne weg in die toegelate venster voordat ‘n mens dit kon nasien.

My tikwerk is egter nog beter as my huisdokter se handskrif wat my apteker dikwels kop laat krap oor wat daar staan, veral omdat dokter weier om ‘n swart pen te gebruik en glo in blou.

Chris Lombard ·

Die enigste uitleg van profetiese geskrifte soos Openbaring en Daniel wat vir my sin maak het ek gevind deur video’s en geskrifte van Walter Vieth. Hy is n Suid Afrikaner van Duitse herkoms, van die Sewende Dag Adventiste Kerk, wat nog Protestantisme voorstaan soos deur onder andere Luther en Calvyn verwoord is. Ek is nog by die NG Kerk vir wat dit saak maak.

Kyk sy video’s op Youtube. Hopelik sal dit vir julle insigte bring. Dit het vir my.

Oom Kallie ·

Dit is ‘n plesier. Die verdrukking sal volgens Daniël 12:11 presies 1290 dae lank wees en volgens Openbaring 13:5 42 maande. Dit is dus 3 en ‘n halwe jaar. ‘n Tyd, tye en ‘n halwe tyd. Dit is vir die mense wat agtergebly het met die wegraping. Maar dis beter om self die bybel te gaan lees, terwyl daar nog tyd is.

Jacoba ·

Baie dankie dis alles leersaam. Sy volk moet wysheid vra en kennis honger bly want ‘n gebrek daaraan, dan sal ons vergaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.