Pieter van Zyl
Pedofilie. Ontvoering. Moord? In Suid-Afrikaners se koppe het hierdie begrippe sinoniem geword met die name van Gert van Rooyen en Joey Haarhoff. In die dertig jaar sedert die tragiese verdwyning van ses jong skoolmeisies en die dramatiese skietdood van die land se berugste paartjie, hang onbeantwoorde vrae steeds in die lug. Die makabere raaisels wat hulle agtergelaat het, het nie saam met hulle gesterf nie.
Joernalis Pieter van Zyl gee in hierdie boek, waarvoor hy eksklusiewe toegang tot Huisgenoot se uitgebreide argief gehad het, ʼn volledige oorsig oor dié sage. Die jongste insigte en ervarings van rolspelers wat direk by die saak betrokke is en was, word ook betrek – nie net aan die kant van die slagoffers nie, maar ook aan die kant van die vermeende “monsters”. Kenners, waaronder sielkundiges, kriminoloë, baasspeurders, handskrifontleders en selfs sieners, verskaf ʼn sonderlinge blik op die gebeure w at by Suid-Afrikaners bly spook.
Die tragedie verkry ʼn nuwe dimensie wanneer dit gekaats word teen die agtergrond van Suid-Afrika drie dekades gelede. Dit blyk ook dat Van Rooyen en Haarhoff nie in isolasie kon optree nie, maar waarskynlik deel was van ʼn uitgebreide misdaad-netwerk. Hierdie boek sal niemand koud laat nie.
Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R250,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke
Ai as ou Mienie net nie nou veggevat is nie ! Hier is BESLIS n snaakse ding!
Daar is destyds al gesê daar is groot koppe by betrokke dis hoekom daar niks van gekom het nie. Hulle het ook gesê Gert van Rooyen is deur die polisie doodgeskiet om stil te bly
Waar kom jy aan al jou feite? Waar is daar enige bewys van “groot koppe”? Die boek van Minnie handel oore seuns en hier is dogters betrokke! Geen verband. Julle is behep met fout soek by die grootkoppe van die verlede.
Ek stem saam Annamarie. Mense vreet nonsens op vir soetkoek en word bewerings gemaak wat op niks gebaseer is. Ai tog
Hulle moet daai eiland gaan deursoek en opgrawe
Stem honderd persent saam, van dag een al gesê hulle kon dit nie alleen doen nie, daar was mense betrokke wat baie invloed gehad het. Gaan grawe maar daar op daai eiland rond, miskien net miskien word ons verras.
Julle is sowaar besig om te dagdroom. Onthou net om n “jack hammer” of denamiet saam te neem as julle gaan grawe want die eiland is n soliede rots.
Ek kry die ouers van hierdie vermiste dogters innig jammer….hierdie gaan net die jarelange wonde weer oopkrap.
Ek kry die ouers baie bitter jammer alhoewel, ek dink die enigste manier wat die ouers se wonde genees kan word is as die siek ding oop bars. Die waarheid is dalk nader as wat enige iemand glo.
Sondagaand se program, Fokus het juis gehandel oor Mark Minnie!Een van die gaste was die joernalis, Gavin Evans.Dit het aan die lig gekom dat Flippie van Rooyen(seun van Gert van Rooyen)was saam met sy pa,Gert op n plaas waar hul in die geheim NP ministers ontmoet het.Magnus Malan was ook daar!Flippie is nou uit op parool en is verbied om met media te praat.Die pedofilie-netwerk strek baie dieper as wat mense besef!
Hierdie boeke het feite! Dis Als d waarheid… Navorsing vir jare!!
Skrywer, kry asb ekstra sekuriteit vj lewe… Dankie dat jy skryf vir regverdigheid!!
hmmm….ek lees die Afrikaners se opinies en verstom my steeds hoe sommige van hul so toe oë deur die lewe gaan….hul wil nie eers dit oorweeg dat ou NP groot kokkedore daarby betrokke was nie. Ag ons ou nasie, ons kan so lekker om die bos gely word! As die waarheid moet uitkom en nie nog mense vermoor sal word voor die waarheid uitkom nie, sal ons verstom wees.