Boek: ‘Gesinstyd met God’ – Louise Viljoen

Louise Viljoen 

Hoe dien ʼn hedendaagse gesin God? Watter maniere is daar om gesinstyd met God opwindend te maak, om lofsang en aanbidding ʼn fees te maak en om saam uit te reik na ander op maniere wat lekker én lewensveranderend is? Hoe inisieer ʼn enkelouer dit? Of hoe motiveer jy dit wanneer jou huweliksmaat nie daarvoor te vinde is nie? Hoe doen jy dit wanneer jy tieners én kleuters in die huis het? En hoe doen jy dit sodat hulle dit wéér wil doen uit eie vrye wil?

Met Gesinstyd met God wil Louise Viljoen gesinne toerus om God binne gesinsverband te dien. Sy gesels oor die uitdagings wat gesinne ondervind, soos byvoorbeeld die gebrek aan Bybelkennis en tyd asook die druk onder portuurgroepe. Sy gee praktiese wenke oor hoe om gesinstyd met God spesiaal te maak en stel opwindende aktiwiteite voor vir die hele gesin. Daarna volg 52 oordenkings wat gesinne weekliks kan deurwerk. Geniet die heerlike reis om as gesin by Hom in te trek. Kom ons laat gesinstyd met God herleef.

Oor die skrywer  

Viljoen is ʼn skrywer, resensent en joernalis wat deesdae heeltyds skryf wanneer sy nie betrokke is by redaksionele werk vir verskeie uitgewers nie.

Prys: R260,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.