Boek:  Geskenk van genade

Geskenk-van-genade.jpgNina Smit

As gelowige wéét jy jy het God se genade ont­vang. Maar beteken dit jou struikelblokke verdwyn soos mis voor die son? Ongelukkig nie. Dit beteken wel jy plaas jou vertroue vir elke dag in die Een wat áltyd daar is en Wie se genade áltyd genoeg sal wees.

Geliefde skrywer Nina Smit stap in Geskenk van genade vir 366 dae saam met vroue om hulle te verseker van God se teenwoor­digheid en grenslose genade. Sy inspireer vroue om elke dag voluit te leef en die klein jakkalsies van die daaglikse lewe met grasie wat van God af kom, een­kant toe te stoot.

Dié grootdruk-dagboek spog ook met ’n handige Skrif­indeks wat sorg vir maklike na­slaan.

Vroue sal elke dag God se entoesiasme vir die lewe erf in Geskenk van genade.

Oor die outeur:

Nina Smit en haar man, Johan, was die predikantspaar van die Wynberggemeente, in Bellville-Oos en in die Helderberg­gemeente. Benewens sketse in die Sarie en Rooi Rose asook verskeie artikels en onderhoude in Die Kerkbode en Die Voorligter het Nina ook meer as 150 boeke gepubliseer. Nina is een van Suid-Afrika se gewildste vroueskrywers. Sy woon in Somerset-Wes, het drie kinders en is ook ’n trotse ouma. Nina hou van stap, lees, reis en om tyd saam met haar gesin deur te bring.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R249,95*
*Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.