Boek: Gesonde Seks

Gesonde-Seks-omslagTimothy Kieswetter

Seks is belangrik. God het dit belangrik  gemaak.

Gesonde seks in die huwelik is nié vanselfsprekend nie. As ons  gesonde seks in ons  huwelike wil geniet,  gaan ons  oor seks móét begin praat. Nie as nagedagte of as voetnota of as afgerammelde onderwerp nie, maar as ’n hoofpunt van bespreking.

Bekende Bybel- en seksualiteitskenner Timothy Kieswetter wys jou hoe jy ook die vreugde van gesonde seks kan ervaar en voluit en met oorgawe kan liefhê in jou huwelik.

Oor die outeur 

Timothy Kieswetter is ’n Bybel- en seksualiteitskenner. Hy het  interkerklik bedien en ’n groot behoefte raak  gesien om mense se huwelike te help herstel. Hy en sy vrou het saam die Gesonde seks Mentorskap-program ontwikkel om paartjies te help om die passie weer terug in hul huwelik te sit. Timothy skryf ook gereeld artikels vir Intiem

Uitgewer: Lux Verbi Uitgewers
Prys: R150.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jenna ·

Kan nie verstaan waarom daar alewig so ophef van seks gemaak word nie.Dinge soos “boustene van n gesonde huwelik” ens ens. SNERT..Ek en my man is in ons vroeg veertigs en ja soos dit in ons land gaan is my man geskiet in n gewapende roof wat hom verlam gelaat het in sy onderlyf. Het al die jare n goeie huwelik en sekslewe gehad want ons het ook elke boek en tydskrif geglo wat wyd en syd uitbasuin hoe belangrik hierdie daad is..my man is nou verlam..wat nou? Ek sal julle se “wat nou”. Na al die jare het ons die werklike vreugde van n huwelik ontdek mekaar opnuut ontdek en leer ken sonder hierdie “seksding” wat almal heeltyd so op hamer. Het nou eers ware intimiteit ontdek..dinge soos baie meer raak aan mekaar en mekaar meer intiem leer ken op so baie ander maniere…seks was toe nooit so belangrik nie nee eintlik glad nie het ek een dag besef.Ons huwelik blom sonder hierdie liggaamlike daad en my man van 20 jaar nou al gee my opnuut vlinders op my maag.

Sunette ·

Ek glo nie die berig is op situasies soos joune gerig nie. Dis fantasties dat jy die tipe mens is wat by jou man bly na so ‘n tragedie en dat julle ander maniere kon kry om jule liefde vir mekaar te wys. Dit verander ongelukkig nie die waarheid agter die berig nie. Ek is nog kort getroud en glo my wanneer seks te min word bou die verwyte op want dis een van die belangrikste maniere om vir jou eggenoot te wys jys lief vir hom/haar en dat hy/sy onweerstaanbaar is. As daardie daad nie daar is nie wat se dit van wat jou maat van jou dink en oor jou voel. As seks nie ‘n opsie is nie is dit ‘n heeltemal verskillende situasie

PIXIE ·

Jenna ek stem saam. Seks is nie liefde nie. Liefde is om saans agter jou maat lepel te le, saam dinge te doen, gaan visvang, saam kar te was, saam kos te maak, TV saam te kyk maar NEE vandag se mans dink seks is liefde. Ek verlang na ‘n maatjie maar ag tog, adverteer ek in die plaaslike koerant is dit net mans wat wil kafoefel en ek is ^%$ daarvoor. Desember is om die draai en dit lyk vir my ek gaan baie eensaam wees met Kersgety wanneer ander dames geselskap het. LET WEL geselskap !

Timothy Kieswetter ·

Jenna, ek is jammer om te leer van jou man se situasie, en tog trots om te hoor dat julle liefde bly staan het en sterker geword het. Julle is ‘n inspirasie.

Natuurlik het julle ‘n situasie in julle huwelik bereik waar seks nie alles is en nie die bousteun van julle liefde kan wees nie.

Maar dit maak nie seks nie belangrik of ‘n belangrike bousteun in ander se huwelike nie.

Ons almal kyk maar na die wereld deur die brille wat ons aan het op die oomblik. En my die skryf van hierdie boek het ek nie dieselfde brille aan as julle nie en daarom kyk jy nie die waarde van hierdie boek in jou lewe sien nie. Maar dit maak nie my boek waardeloos of nie belangrik nie.

Vrede vir jou en jou man.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.