Boek: Gifbeker

Gifbeker.jpgIrna van Zyl

Moord is op die spyskaart.

Speurders Storm van der Merwe en Andreas Moerdyk is terug in Irna van Zyl se splinternuwe riller, Gifbeker.

Storm werk nou in Hermanus en tydens ʼn ete saam met haar vriendin in Zebardines, ʼn spoggerige restaurant, word ʼn gehate kosblogger vergiftig. Dit blyk dat daar giftige sampioene in haar kos was.

Dit is maar net die begin van Storm se probleme. Haar oudkollega, Andreas Moerdyk, daag sak en pak op haar drumpel op. Hy het bedank en kom soek ’n nuwe heenkome in Hermanus. Terwyl al die restaurante in die omgewing reg maak vir fooddotcom, ʼn restaurant- en koswebtuiste, se toekenningsaand, waar die beste sjefs in die land vereer word, eis die moordenaar nog slagoffers.

Gaan Storm daarin slaag om die moordenaar vas te trek voor haar tyd uitloop?

Oor die outeur

Irna van Zyl is ʼn bekroonde joernalis, tydskrifredakteur en media entrepreneur wat nou voltyds skryf. Sy skryf ook restaurantresensies vir haar rubriek “The Accidental Foodie” en is betrokke by bewaringswerk by Pearly Beach.

Irna maak in 1995 haar skrywersdebuut met ʼn versameling kortverhale. Sy woon in Kaapstad saam met haar lewensmaat, twee honde en ʼn kat. Moordvis was haar eerste roman.

Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R230,00*
*Prys onderhewig aan verandering 
Koop die boek by Graffiti Boeke 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.