[Boek] Gister is verby

Gister-is-verbyJuanita Aggenbach

’n Deernisvolle verhoudingsroman oor borskanker en die invloed daarvan op verhoudings. Nadine se wêreld stort in duie wanneer ’n doodgewone doktersafspraak ’n skrikwekkende vonnis oplewer. Skielik moet sy nie net borskanker se onmenslike aanslae op haar gesondheid, menslikheid en vroulikheid leer hanteer nie, maar ook die reaksies van hul vriendekring en haar man, Pierre.

Maar ook Pierre voel magteloos. Hy soek desperaat na antwoorde en begin stelsematig sy plek in hul verhouding bevraagteken. Hoe het hulle onderskeie rolle binne hulle huwelik verander? Sal hulle ooit eendag ouers kan
wees?

Hoe leer Nadine en Pierre om mekaar weer opnuut te ondersteun? In Gister is verby wys Aggenbach hoe geliefdes, te midde van talle struikelblokke, kan groei en saam sterk kan word.

Oor die outeur

Juanita Aggenbach is in 1976 gebore. Sy verwerf honneursgrade in sielkunde aan die Universiteite van Pretoria en Stellenbosch en ’n honneursgraad in Kriminologie, waarna sy as sielkundige berader en kriminologiedosent werk. Haar derde roman is in 2016 vir ’n ATKV-Woordveertjie benoem. Juanita woon in Durbanville met haar man en twee dogters.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R260.00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.