Boek: Glipstroom

glipstroom

Anemari Jansen

Maja probeer aanpas by die lewe in ‘n padkamp in die Kavango na haar man Louis, ‘n ingenieur, daarheen verplaas word. Louise se ondervindings as lid van die SAP se onluste-eenheid spook by hom. En Maja leef in die glipstroom van die vorige jaar, waar haar lewe in die geil Soutpansberg-streek ‘n moedswil van sy eie ontwikkel het. Haar reise word ‘n poging om begeerte, verlange en skuld te verstaan.

Oor die outeur:
Anemari Jansen is gebore in Durban, het gematrikuleer aan die Hoërskool Alberton en het BA (HOD) aan die Universiteit van Pretoria gestudeer. Sy het al saam met haar gesin in onder meer Louis Trichardt, Venda, ʼn padkamp in die Kavango-streek en aan die Noordkus gebly. Sy het deesdae ʼn klein gastehuis in Johannesburg en skilder graag. In 2002 het sy ʼn MA in Afrikaans (Universiteit van Johannesburg) ontvang. Glipstroom is haar eerste roman.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R195-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.