Boek: God fluister jou naam

God-fluister-jou-naam.jpgCherie Hill

God fluister vandag en elke dag jou naam. Maar waarom fluister God wanneer Hy kan roep? Die antwoord is dat Hy naby genoeg is dat jy Hom kan hoor.

God fluister jou naam is meer as net oordenkings. Dit is 365 uitnodigings om te luister na God en die persoonlike boodskap wat Hy met jou wil deel. Met 52 temas soos geloof, gebed, vergifnis en verlossing, verseker Cherie Hill jou dat jy nader aan God kan groei in alle areas van jou lewe. Die boek bevat ook ʼn indeks van die temas.

Geskryf asof God self met jou praat, maak dié volkleur-dagboek dit duidelik dat Hy in ʼn verhouding met jou wil staan.

Laat God toe om jou geloof te versterk wanneer jy hoor hoe Hy jou naam fluister.

Oor die outeur:

Cherie Hill is die stigter van ScriptureNow.com wat God se Woord al vir meer as tien jaar na tallose mense in meer as 30 lande bring. Sy het ʼn BA-graad in sielkunde en is opgelei in Bybelse berading. Sy ʼn topverkoper-outeur van Christelike boeke op Amazon.com. Cherie is mede-outeur van verskeie aanlyn Christelike tydskrifte. Sy bid daagliks dat God se liefde en genade deur haar na die lewens van ander sal vloei.  

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R169,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.