Boek: God het jou gekies

Ben de Klerk

29 indiepte-studies oor die Nuwe-Testamentiese boek Efesïers.

Paulus se brief aan die Efesiërs vertel hoofsaaklik hoe God die kerk uitgekies en Syne gemaak het, maar ook hoe die kerk in hierdie wêreld tot God se eer moet lewe. In God het jou gekies fokus Ben de Klerk op die hele Efesiërsbrief.

Die 29 goed gestruktureerde, gedetailleerde hoof­stukke in hierdie Bybelstudie word elkeen ingedeel in die volgende:

  • ʼn oorsig oor ’n spesifieke perikoop
  • ʼn bespreking wat vir die leser insig gee
  • vrae wat die leser laat nadink en die gedeelte toepaslik maak vir vandag
  • gebedsriglyne wat by die onderwerp aanpas

God het jou gekies sal lesers opnuut laat dink oor sake soos wat kerk presies is, hoe ons kerkeenheid kan bewaar en versterk, en ons unieke identiteit as Christene.

Oor die outeur

Ben de Klerk was eers ʼn predikant voordat hy as professor begin doseer het by die Fakulteit Teologie aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. Hy het die volgende grade verwerf: BA, ThB, ThD in Nuwe Testament en ʼn ThD in Praktiese Teologie. Hy is outeur of mede-outeur van verskeie boeke en akademiese artikels. Ben is getroud met Marie en hulle het vier kinders en ook kleinkinders.

Uitgewer: CUM Boeke
Prys: R130,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Oop oge ·

Gekies op grond waarvan ?
Judas Iskariot was ook gekies…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.