Boek: ‘God in die gewone’ – Karen Swart

Karen Swart

Karen Swart se boek God in die gewone – gewaarwordinge van dinge wat ons nie kan sien nie is op die oog af ʼn vrolike lekkerleesboek vol stories. Die verhale gaan oor gewone gebeurtenisse in die lewe van ʼn kind en later dié van ʼn volwassene en dit word uit ʼn aweregse hoek bekyk.

Die boek bevat vertellings oor “unieke” familielede, die gesukkel om te glo “soos dit van jou verwag word” en oor gewone dinge in die lewe van ʼn vrou. Maar telkens is daar die verrassing wanneer God in gewone en alledaagse dinge ontdek word en ons op dié manier God se teenwoordigheid in die “onsienlike” raaksien. Dan kom die verwondering!

Die boek is bedoel vir almal wat nie alles verstaan nie en soms ʼn bietjie sukkel om binne die gebaande weë te glo.

God in die gewone kos R200 (prys onderworpe aan verandering) en is aanlyn beskikbaar op die Christelike Lektuurfonds se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.