Boek: God is genoeg

God_is_genoeg.jpgStephan Joubert

God is genoeg. Regtig! Hy is al wat jy werklik nodig het! Dit is Stephan Joubert se bemoedigende bood-skap in God is genoeg.

In 365 dagstukke stap Stephan Joubert saam met die leser deur temas soos: Die lewende God is meer as genoeg, alles ter wille van ons groot God, kyk en leef God raak in die regte lewe en só lyk egte geloof. Hy herinner ons dat alles oor die Here gaan en dat die drie-enige God se eer voorop moet staan in elke keuse wat ons maak en in elke daad wat ons verrig.

God is genoeg sal elke leser uitdaag om klein genoeg te wees sodat God se grootheid in en deur ons sigbaar kan word.

Oor die outeur:

Stephan Joubert is ’n spreker, prediker, leierskapkonsultant en skrywer. In 2010 is een van sy boeke, Jesus – ’n radikale sprong, bekroon met die Andrew Murray-prys. Stephan is buiten-gewone professor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat, ’n navorsingsgenoot in Teologie aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, en is ook redakteur van ’n groot e-kerk op die internet. Hy is getroud met Marietjie en het twee dogters, Tarien en Elani.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R169.95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.