Boek: God, waarom lyk die wêreld so?

 Waarom-lyk-die-wereld-so.jpgAdrio König

“Dit was so bestem.” “God het dit met ʼn doel toegelaat.” Vir die ontelbare mense wat al diep seergekry het, bied hierdie clichés lankal nie meer ʼn troos nie, sê Adrio König.

In God, waarom lyk die wêreld so? help hy lesers om God se almag, goedheid en liefde te verstaan te midde van al die “waaroms” om ons. Die boek kyk na vrae wat Christene gewoonlik te bang is om hardop te vra, soos: “Hoe moet ons verstaan dat God in beheer is as die wêreld só lyk?”

Die eerste hoofstuk bevat ook verskeie ware verhale van mense wat van die geskiedenis se grootste gruwels beleef het. Dit bied ʼn agtergrond waarteen die res van die boek gelees kan word.

God, waarom lyk die wêreld so? sal vir lesers lig bring te midde van groot seer en verwarring.

Oor die outeur:

Adrio König se grootste belangstelling is die Bybel self. Hy was 40 jaar betrokke by Unisa en het die voorreg gehad om met teoloë uit baie ander kerke saam te werk. Dit het in hom ʼn ruimheid geskep vir ander se oortuigings. Adrio is getroud met Hermien. Hulle het drie kinders, Mari, Carina en Friedrich en vyf kleinkinders, Guillaume, Helet, Wiets, Ilani en Joy. En almal dien die Here.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R179,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wynand ·

Die wereld lyk so omdat on in Sodom en Gommora woon. Mense het God vergeet. Indien ons almal weer na morele waardes en God terugkeer, sal dit verander.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.