Boek: Goedheid en Guns

boek_Goedheid_en_Guns.jpgJenna-Leigh February

As vierjarige kind het Jenna-Leigh reeds kliphard begin om van haar ouma se agterstoep, haar gedagtes en opinies met die bure en buurt te deel. Sy het nog altyd geweet sy wil met mense praat. In haar eie woorde:

“Klein-klein het ek al geweet ek wil eendag met mense praat. Dit voel nou soms vir my ek het net die stoep vir die TV verruil.”

Die radio- en televisiepersoonlikheid en motiveringspreker Jenna-Leigh February vertel eerlik en openhartig haar lewensverhaal van swaarkry en seer en hoe sy dit in sukses omskep het. Dit is ‘n dinamiese verhaal van ‘n nederige begin in ‘n plakkerskamp, huishoudelike geweld en huweliksontrou. Jenna-Leigh slaag matriek op 15, word ‘n nasionale radio-omroeper op 23 en op 25 ‘n nuusleser op Kyknet en Kyknet en kie..

Sy sien haarself egter nie as ‘n slagoffer nie, verset haar teen stereotipes en vertel ‘n verhaal van vergifnis, aanvaarding en veral self-ontdekking. ‘n Storie wat sal motiveer en inspireer.

Oor die outeur:

Jenna-Leigh is in Bonnievale gebore en het op 15-jarige ouderdom op Worcester by Vallei FM begin werk. Daarvandaan het haar pad gelei na omroeper by RSG en tans nuusaanbieder by eNuus. Sy het ‘n passie vir mense en bied landwyd motiveringwerkswinkels met die tema van Goedheid en guns aan.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R160.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anna-Mari Kriel ·

So bly om uiteindelik meer oor Jenna Leigh te leer en uiteindelik te weet waarvandaan die woorde “Goedheid en Guns” kom wat ek so gereeld aan die einde van haar nuusuitsending hoor!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.