Boek: Goeie dood wat saggies byt

goeie-doodwat-saggies-bytVir Hilda is veeartsenykunde ‘n ongemaklike roeping, ‘n pynlike passie, ‘n tweesnydende swaard. Daar’s die hondekosadvertensie-stertswaaidae, waarop sy met algehele sekerheid weet dat sy ‘n positiewe verskil maak.

Daar’s egter ook die swart hond dae, die dae wanneer die reuk van bloed en mis en modder soos ‘n vel aan haar bly kleef en sy katvoet oor haar skouer bly loer vir die dood wat in haar hande skuil. Moes sy nie maar eerder by prentjies teken gebly het en haar diereliefde op ‘n spul troeteldiere uitgestort het nie? Wat sou haar oupa – of haar ma! – van sulke ruggraatlose ambisieloosheid se? As sy nie ‘n veearts kan wees nie, wie is sy dan?

In Ilse van Staden se meesleurende romandebuut word vrae rondom passie en plig; toewyding en perfeksionisme; idealisme en ontgogeling binne die raamwerk van ‘n jong veeaarts se opleiding en toetrede tot die praktyk op onvergeetlike wyse ontbloot.

Oor die outeur:
Ilse van Staden het aan die Universiteit van Pretoria gestudeer en as veearts op verskillende plekke gepraktiseer. Haar eerste digbundel, Watervlerk (2004) word met die Eugène Marais-prys en die Ingrid Jonkerprys bekroon. Sy skryf ook prosa. Tans woon sy in Australië. Haar debuutroman, Goeie dood wat saggies byt, verskyn in 2016.

Uitgewer: Protea
Prys: R220-00*
*Prys onderhewig aan verandering

Koop die boek nou by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.