Boek: Grilgrypers 1 – Die vloek van Vreesbaai

die vloek van vreesbaaiDe Wet Hugo

Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers in Vreesbaai kom woon nie, begin vreemde dinge gebeur. Nie net is hierdie kusdorpie permanent toe onder digte mis nie, maar Miek word skielik gedurig gekonfronteer met sy grootste vrees: ‘n monsteragtige, woedende hond.

Gou lyk dit ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen ook ‘n geheim met hulle saamdra. Kan dit wees dat al die kinders op Vreesbaai deur iets afgrysliks geterroriseer word?

Oor die outeur

De Wet Hugo is ‘n laerskoolonderwyser en werk al die afgelope sewe jaar by ‘n Britse Internasionale Skool in Saoedi-Arabie. Hy kom oorspronklik van ‘n Bolandse wynplaas af, maar noem Kleinmond deesdae sy Suid-Afrikaanse tuiste. Hy het reeds bydraes gelewer tot bundels soos Rympies vir Pikkies en Peuters, Skrik op die lyf , Rympies vir Kleintjies en Kleuters en Skool is ‘n riller. Hy vorm ook deel van Die Droomvangers-skrywersgroep onder leiding van Marianna Brandt.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R140,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.