Boek: Grilgrypers 6 – ‘Die geheim van die spookwerf’

De Wet Hugo

Vanessa se ouers was eens skatryk, maar wanneer haar pa alles verloor moet hulle na ’n piepklein huisie op ’n skrootwerf trek waar haar pa as bestuurder van ’n insleepwa gaan werk. Die motorongeluk waarin Vanessa betrokke was, spook steeds by haar. En al die gruwelike motorwrakke in die skrootwerf gee haar die horries. Wanneer sy die eienaardige Wayne ontmoet, vind sy boonop uit dat die skrootwerf meer as een spokerige geheim wegsteek…

Oor die skrywer

De Wet Hugo is ʼn laerskoolonderwyser en werk al die afgelope sewe jaar by ʼn Britse Internasionale Skool in Saoedi-Arabië. Kleinmond is sy Suid-Afrikaanse tuiste. Sy skryfwerk verskyn in Rympies vir pikkies en peuters, Liedjies vir pikkies en peuters, Skrik op die lyfRympies vir kleintjies en kleuters en Skool is ʼn riller.

Oor die illustreerder

Shân Fischer het ’n agtergrond in tradisionele en digitale kuns. Haar fokus was op karakterontwikkeling vir opvoedkundige kinderspeletjies, voordat sy twee jaar in Japan as ’n vryskutkunstenaar en Engelsonderwyser gaan werk het. Sy is tans ʼn vryskutillustreerder in die boek-, animasie- en rolprentbedryf.

Ouderdom: 12 tot 14 jaar
Prys: R155,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.