Boek: Grondwater

Marlise Joubert

Grondwater sluit aan by die vorige bundels van die gevestigde digter Marlise Joubert, maar het ʼn boustof wat getuig van ʼn nuwe stel lewenservaringe wat dit laat affilieer by die groeiende tradisie in Afrikaanse laatwerk. Dit is ʼn bundel wat spreek van die spreker se terugblik op ʼn leeftyd, die besef van eie sterflikheid en die ontginningsproses van die biologiese en psigologiese wortels van die mens, van die impak van ouerfigure en veral van die gestorwe moeder.

Oor die outeur

Marlise Joubert debuteer in 1971 met die digbundel ʼn Boot in die woestyn. Sy het in haar leeftyd drie romans gepubliseer, te wete Klipkus, Oranje Meraai en Ateljee van glas. Klipkus het in Nederlands verskyn as Rode granaat (1981). Sy skryf ook verskeie radiodramas en is vier keer bekroon in die RSG/Sanlam-radiodramakompetisie. Verder is sy die samesteller van In a burning sea, ʼn bloemlesing met 30 Afrikaanse digters se verse wat in Engels vertaal is. Haar agste digbundel, bladspieël, verskyn in 2015 en word genomineer vir die Elisabeth Eybers Poësieprys, asook die ATKV Woordveertjie vir Poësie. Sy skryf en skilder tans voltyds, is die webmeester van Versindaba en vertaal soms kinderboeke.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R160,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.