Boek: Groot Beer

Wendy Hartmann

Die eerste keer toe Lara vir Groot Beer sien, is op ʼn skooluitstappie. Hy lyk nes haar teddie – net baie, baie groter.

Groot Beer lyk hartseer. Daarom gesels Lara met hom. “Moenie hartseer wees nie,” sê sy sag vir hom. “Ek is hier.”

Sy vertel vir hom hy is nie alleen nie. Sy sê vir hom hy hoef nie bekommerd te wees nie en sy vertel vir hom geheime waarvan niemand anders weet nie.

Toe Lara daardie middag by die huis kom, staan daar ʼn tas en bokse in die gang. Sy hoor harde stemme en kort daarna ry Pappa weg.

“Moenie bekommerd wees nie, my skat,” sê Mamma vir haar. “Ek en jy gaan piekfyn wees.”

Daardie aand kan Lara nie slaap nie. Kort voor lank klim iemand deur haar venster. “Moenie hartseer wees nie,” sê ʼn sagte stem. “Ek is hier.”

Groot Beer is ʼn sensitiewe, roerende storie oor ʼn kind se hantering van egskeiding, en die wonderlike genesende krag van verbeelding en stories.

Oor die outeur

Wendy Hartmann is een van die produktiefste en mees bekroonde kinderboekskrywers in Suid-Afrika. Haar boeke soos Nina en Eendjie (M.E.R.-prys vir geïllustreerde kinderboeke), Theo die biblioteekkat (eervolle vermelding vir die Katrine Harries-toekenning), Net Sisi (M.E.R.-prys), All the Magic in the World (Kinderboekforum-erelys, IBBY-erelys vir beste illustrasies, Bookchat-toekenning) en One Sun Rises (United States Parent’s Choice Award vir beste illustrasies) is plaaslik en oorsee gepubliseer en bekroon. Wendy woon in Kaapstad.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R135,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.