Boek: Groot Trek-vroue laat diep spore

Jeanette Stals

Diep spoor vertel die verhaal van drie vroue uit verskillende agtergronde en hul stryd om oorlewing tydens die Groot Trek.

Daar is Katrien, ’n sensitiewe waterverfskilder. Sy en haar man, Stefaans, wou vir hulle ’n lewe op ’n plaas op die Oosgrens maak. Maar toe hulle lewens op die plaas bedreig word, word hulle deel van Hendrik Potgieter se trek na die binneland. Stefaans glo dat hulle daar ʼn nuwe heenkome sal vind, ten spyte van al die hartseer en swaarkry wat hulle tydens die reis tref.

Dina, ’n slavin, is Katrien se grootste vertroueling. Sy trek saam, haar liefde vir Stefaans ’n geheim wat sy ten alle koste moet bewaar.

Thabisa en haar dogtertjie word ook deel van Katrien-hulle se trek. Wanneer Stefaans by Piet Retief se noodlottige afvaardiging na Dingaan aansluit, onthou sy opnuut die onreg wat sy voorganger, Shaka, haar familie aangedoen het.

In die stormagtige jare voor en tydens die Groot Trek raak dié drie vroue se lewe vervleg in ’n stryd om voortbestaan.

Oor die skrywer

Jeanette Stals is die skrywer van Katoog, Vermis en Dag drie. Sy het haar graad aan die Universiteit van Pretoria voltooi en het onder meer skoolgegee, as toergids gewerk en ’n gastehuis bedryf. Sy skryf nou heeltyds en woon op Onrus.

Die e-boek van Diep spoor het reeds verskyn, maar die boek sal na verwagting eers in Februarie 2021 beskikbaar wees.

Prys: R280,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die e-boek by Penguin Random House

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae