[Boek] Haas Das se Nuuskas: Episode 4

Haas-Das-se-Nuuskas-Episode-4Louise Smit en Vian Oelofsen

Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending raak Boeboe die bobbejaantjie vermis en almal is bekommerd, want Hoohoeff Hiënia is in die omtrek. Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.

Oor die skrywer

Louise Smit woon in Kaapstad. Sy is bekend vir haar suksesvolle kinderprogramme vir radio en TV soos Wielie Walie, Haas Das se Nuuskas, Pumpkin Patch, Kideo, Mina Moo en vele meer. Louise het verskeie toekennings vir haar werk verower. Sy is die skrywer van o.a. Die Bybel vir kleuters, Wielie Wielie Walie, en Professor Fossilus en die dinosourusse.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R140-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.