[Boek] Hallo, Hekel

Cornel Strydom, Elsbeth Eksteen, Anisa Fielding

Hekel is die nuutste handwerkgier wat wêreldwyd op die loopplanke te sien is en nou deur oud en jonk beoefen word. In Hallo, Hekel word ’n enkele patroon geneem en op vier verskillende maniere vertolk na gelang van jou styl – hetsy boheems, kunstig, kontemporêr of romanties.

Patrone, wat wissel in moeilikheidsgraad, sluit mooi goed vir jouself, jou huis, babas en kinders, en selfs geskenke in. Daar is ietsie vir almal: ’n warm poncho vir die winter, ’n mooi teemussie vir die huis, ’n serp wat jy as geskenk vir jou vriendin kan gee, ’n dienlike baadjie vir ’n nuwe baba. Daar is ook voorstelle om dieselfde patroon vir meer as een projek te gebruik.

Hallo, Hekel is net die ding as hekel jou passie is. Deur bekendes in handwerk- en hekelkringe.

Oor die skrywers:
Toe Anisa vyf jaar oud was, het haar ouma Wally haar leer brei. Haar ma, Trudi, het haar ongeveer tien jaar gelede leer hekel. Sy is by die advertensiewese en die akademie betrokke, mal oor haar kat en twee worshonde, en omring haar met goed wat stories vertel. Sy het altyd wol en ’n hekelpen in haar handsak.

As kind het Cornel meer daarin belanggestel om popklere te maak as om met haar poppe te speel. Op twintigjarige ouderdom het sy haar eie wol gespin en gekleur. Sy is ‘n gekwalifiseerde binnenshuise ontwerper met ‘n passie vir permakultuur. In haar vrye tyd hekel of brei sy, neem foto’s en maak slim planne.

Elsbeth is dalk met ‘n verfkwas in haar hand gebore, want krabbel was kleintyd haar gunstelingtydverdryf. Sy het ‘n konstante obsessie om goed te maak, wat haar na die sprankelende pad van hekel gelei het waar elke bol betowerende moontlikhede inhou! Sy bly in Pretoria saam met haar man, mooie saluki-hond en lieftallige Siamese kat.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R310-00*
Koop die boek nou by Graffiti Boeke vir slegs R248-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Laurika ·

Ek het niemand gehad wat my geleer hekel het nie, maar dit lyk nog altyd so lekker om te kan doen, dat ek myself vanaf Youtube geleer het. Daar is soveel op Youtube vir beginners wat jou stap vir stap wys. Nou geniet ek hekel so baie dat ek sukkel om my hekel werk neer te sit. Ek ondergaan tans chemo terapie vir 6 maande, en wanneer ek tuis is, is dit al wat ek sit en doen. Ek sal hierdie boek gate uit geniet!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.