Boek: Halsoorkop

Halsoorkop voorbladMiriam Koch

Halsoorkop is haastig, en alewig op pad. En hoewel hy altyd sy goue sakhorlosie by hom het, is hy laat vir sy belangrikste afspraak. Die ander voëls het sonder hom op die lang reis na hul broeiplekke vertrek … ’n Storie oor die kuns om onverwags geluk te vind.

Die storie is humoristies en propvol avontuur – pragtig geïllustreer en perfek vir selflees en voorlees vir kinders ouer as vier.

Oor die outeur en illustreerder:
Miriam Koch (gebore 1980) het visuele kommunikasie, met illustrasie as hoofvak, in Trier gestudeer. Sy is die outeur en illustreerder van verskeie kinderboeke, insluitende Fiete Anders (Andries Anders, Protea 2013) en Keentied (Halsoorkop, Protea 2013). Koch woon tans in Bremen.

Oor die vertaler:
Dr Nicol Stassen is die besturende direkteur van Protea Boekhuis. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis. Hy is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van Pretoria. Hy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Deens, Duits, Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Verder is hy die outeur van boeke soos Afrikaners in Angola 1928-1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).

Uitgewer: Protea
Prys: R120-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.