Boek: Hanli die hasie

Hanli-die-hasie-voorbladMandy Stanley

Hierdie is ‘n drie-in-een boek!

Hanli die hasie is die Afrikaanse vertaling van die gewilde Engelse boek Lettice – waarvan daar al oor ’n miljoen boeke verkoop is.

Hanli is ’n vrolike hasie wat saam met haar gesin hoog teen die kruin van ’n heuwel woon. Knibbel, knibbel, hop, hop, elke dag is presies dieselfde, behalwe wanneer sy verras word!

Op ’n dag sien Hanli ’n prentjie van ’n ballerina en daar en dan besluit sy dat sy ’n dansende ster wil word. Sy sluit by ’n balletskool aan en oefen elke dag pligsgetrou. Maar sal so ’n klein hasie die danspassies regkry?

’n Ander keer ontvang Hanli ’n briefie: Sy word gevra om strooimeisie by ’n troue te wees. Dit klink só opwindend! Hanli kan haar oë nie glo toe sy haar pragtige strooimeisierok sien nie!

Die wonderlikste verrassing van almal is toe Hanli genooi word om ’n feetjiebal in feetjieland by te woon. Net toe sy dink dié dag kan nie meer betowerend word nie, kom die Feëkoningin daar aan met ’n besonderse geskenk – spesiaal vir Hanli.

Hanli die hasie sal reguit in klein dogtertjies se harte in hop!

Oor die outeur en illustreerder

Mandy Stanley is ‘n bekroonde illustreerder, skrywer en ontwerper wat al meer as 200 boeke vir kinders gepubliseer het.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R180.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.