Boek: Hanlie Retief gesels met 2

Hanlie Retief

Die weeklikse rubriek in Rapport, “Hanlie Retief gesels met”, is iets waarna baie lesers elke Sondag uitsien en heel eerste lees. Aanhangers weet haar onderhoude is pittig, op die man af en baie vermaaklik.

Hanlie Retief vra die vrae aan die nuusmakers wat almal brand om te vra. Sy is bekend daarvoor dat sy haar soos ʼn verkleurmannetjie kan aanpas by die aard van die onderhoud. Met deernis skets sy misdaadslagoffers se stories en kuier ewe gemaklik saam met Karen Zoid.

Hanlie Retief gesels met 2 bevat 50 van Hanlie se beste onderhoude wat sy tussen 2011 en 2018 gevoer het: dié waaroor mense lank gepraat het, dié wat mense kwaad gemaak het, laat lag of inspireer het.

Steve Hofmeyr, Rolene Strauss, Tim Noakes, Piet Byleveld en Thuli Mandosela is van die onderhoude wat opgeneem is in hierdie boek.

Oor die outeur

Hanlie Retief is ʼn bekroonde skrywer en joernalis. Sy is die outeur van Byleveld, Hanlie Retief gesels met (2011) en Stories oor trauma en hoop. Sy is ook die aanbieder van ʼn Halfuur met Hanlie op VIA. Verskeie joernalistieke pryse is al aan haar toegeken, onder andere Media 24-Legends, ATKV-Mediaveertjies en ʼn Cum Laude Alumni-toekenning van die Universiteit van die Vrystaat.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.