Boek: Hartebreker – Christiaan Barnard en die eerste hartoorplanting

Hartebreker-coverJames Styan

Vir die vroue wat hy met sy rolprentsterglimlag betower het, was Chris Barnard ’n hartebreker. Vir sy pasiënte ’n harteheler.

Dié nuwe biografie oor Suid-Afrika se beroemdste hartsjirurg vertel nie net van Barnard se kinderjare in Beaufort-Wes, sy prominente huwelike (en egskeidings) en flambojante lewe nie. James Styan ondersoek ook die impak van die historiese eerste hartoorplanting op Barnard se persoonlike lewe en op die Suid-Afrikaanse gemeenskap oor die algemeen, waar apartheidswetgewing dikwels die probleme van geneeskunde nog ingewikkelder gemaak het. Die rol van swart mediese personeel soos Hamilton Naki word bespreek, sowel as die intense wedywering wat tussen ander beroemde hartsjirurge en Barnard ontstaan het.

Hoe het Barnard dit reggekry om hulle almal in dié resies om lewe en dood te wen? Hoeveel het sy welbekende sjarme daarmee te doen gehad? En wat is Barnard se nalatenskap vandag, in die lig van sy latere suksesse en aansienlike mislukkings? Styan dek dit alles in dié fassinerende nuwe blik op Chris Barnard.

Oor die outeur

James Styan is ’n voormalige joernalis en die skrywer van Blackout: The Eskom Crisis. Hy is tans die woordvoerder van die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering en omgewingsake.
Styan het aan die universiteite van Pretoria en Stellenbosch gestudeer en as ʼn rekenmeester gekwalifiseer voordat hy ʼn joernalis geword het. Hy was eers ’n finansiële joernalis voordat hy as senior parlementêre korrespondent vir Media24 gewerk het.

Uitgewer: Jonathan Ball Publishers
Prys: R250,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Breinspoeling101 ·

Hoekom is daar niks oor Hamilton Naki in Chris Barnard se outobiografie nie, op die Groote Schuur webblad en ook nie in David Cooper se boek oor Barnard nie? Frederick Prins verdien meer “lof” as Naki omdat hy die betrokke was by Denise Darvall se dood. Cooper het ‘n groepfoto van al die proefdier-tegnici en dit sluit nie Naki in nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.