Boek: Hartsgebede & beloftes vir die siel

Hartsgebede-en-beloftes-vir-die-siel.jpgElize Parker 

Elize Parker bied jou die kans om as’t ware saam met Jesus en sy dissipels te stap deur die stofstrate van Jerusalem, te beleef hoe Jesus sy dissipels se voete was, die hartseer van die kruisiging te ervaar, die vreugde van die opstanding te ondervind en sy Goddelike krag te voel met die uitstorting van die Heilige Gees.

Hartsgebede & beloftes vir die siel bevat 70 gebede oor die gebeure van voor die kruisiging tot en met Jesus se hemelvaart.  Elkeen van hierdie gebede kom uit haar hart en sal die leser help om op meer as net ʼn intellektuele vlak te identifiseer met die boodskap van die Nuwe Testament.

Elke gebed word voorafgegaan met ʼn gepaste teks en opgevolg met ʼn belofte uit die Bybel om die leser te bemoedig.

Beleef die Paasgebeure van die Nuwe Testament met jou emosies, siel en gees!

Oor die outeur:

Elize Parker is die skrywer van verskeie tydskrifverhale, kortverhale en romans.  Sy het al verskeie boeke die lig laat sien, waarvan die jongstes Eersteling, Soos sagte kerslig en Gewete van klip isHaar tweede dagstukkieboek, Hoor God se stem, het in 2014 verskyn.  Sy is ’n gesoute joernalis en benewens haar skryfwerk, bied sy verskeie radioprogramme aan.

Elize Parker is bekend vir haar boeiende fiksie-titels en dagstukkieboeke.  Sy is gereeld te hoor op radio en televisie en tree landwyd op as spreker.

Die boek is ook beskikbaar in Engels as Prayers for the Heart & Promises for the Soul.

Uitgewer: Struik Christian Media
Prys: R169,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.