Boek: Heinz, Aletté deel huweliksraad

Heinz en Aletté Winckler, een van Suid-Afrika se mees glansryke paartjies, is passievol daaroor om te sien dat huwelike nie net oorleef nie, maar floreer.

In die Wincklers se jongste boek, Kom ons praat oor die huwelik, probeer hulle om paartjies te bemagtig en bemoedig om hulle ware identiteit in God te ontdek, om sodoende die bes moontlike huweliksmaat te kan word en wees.

Die Winckler-egpaar praat reguit oor die volgende onderwerpe sonder om doekies om te draai: fondasies, bagasie, kommunikasie, seks en intimiteit, ouerskap, skoonouers en finansies. Hulle deel ook grepe uit hulle eie verhaal om te demonstreer dat daar hoop vir almal is.

Prys: R250,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wilhelm ·

Okt 2017 is ‘n boer van Klapmuts, Joubert Conradie, in sy huis vermoor met sy vrou in kinders teenwoordig. Die gevolg van dit was die eerste Swart Maandag saamtrek, waar mense gevra is om swart t-hemde op die dag te dra om solidariteit te wys en ons het saam getrek in die Kaap in landwyd. Heinz Winckler het ‘n paar dae voor die Maandag toe gegaan en ‘n video gemaak waar hy vra dat mense nie moet swart dra en solidariteit wys nie, maar eerder wit dra, en ook gesê dat die boere wat nou so kwaad is heel moontlik hul vroue mishandel. Ek kan nie onthou dat jy al om verskoning gevra het nie Heinz ?

Nommer 7 ·

Ek ontken nie dat Heinz kan sing nie, maar verder is hy ‘n “fake”. Soos hulle se^, “fake it ‘till you make it”.

Kirst ·

Slim besigheidsmense die. Heinz het ‘n paar jaar gelede sy eie kerk ook gestig.

Anna84 ·

Een van die “mees glansryke paartjies”…… In hul drome seker, dit is ‘n aansitterige besigheid van voor tot agter. Hulle is nou ‘n perfekte voorbeeld van met die Bybel onder die een arm loop terwyl hul besig is met ‘n klomp gepraat wat glad nie sin maak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.