Boek: Hekel en word heel

Nadia de Kock en Hilda Steyn

Hekel ʼn pad na genesing.

Hier is ʼn hekelboek met ʼn verskil. Vir die eerste keer in Afrikaans vertel vroue hoe hekel hulle deur moeilike en donker tye gehelp het. Stories wissel van verlies, werkverwante stres, depressie, siekte, die dood van ʼn kind tot emosionele en fisieke mishandeling.

Een-en-twintig dapper vroue maak hul harte oop en vertel hul aangrypende verhale van stryd en uiteindelike oorwinning. Omstandighede wat nie verander kan word nie, word deurgaans op ʼn konstruktiewe en kreatiewe wyse hanteer en Hekel en word heel vier hierdie vroue se onblusbare gees.

Die leser sal vol hoop voel ná die lees van die stories. Ons het ʼn motief vir elkeen van hierdie een-en-twintig vroue se storie ontwerp en dit gebruik om persoonlike en huishoudelike artikels mee te maak. Gevorderde tegnieke is deurgaans gebruik om die beste moontlike eindresultaat te verkry. Entoesiastiese beginners sal ook geskikte patrone hier vind en daar is verwysings na hulpbronne indien dit nodig sou raak.

Laastens het ons helder kleure ingespan, bont genoeg om jou dag mee op te vrolik. Hierdie is ʼn handwerkboek met die eienskappe van ʼn selfhelpboek. Die boek bevat 21 verhale met 21 gepaardgaande projekte en patrone, wat jou kan help om enige verlies, werkverwante stres, depressie, siekte of trauma te verwerk. Dit is iets soos die hekel weergawe van How to make an American quilt.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R295,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

LE ·

Ek self kan getuig van hoe hekel my al deur die lewe se seer gedra het … ek hekel elke dag van my lewe al is dit net n blokkie of rytjie – dis medisyne vir my

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.