Boek: Hekel ’n pad na genesing

Stories en patrone in Hekel en word heel 1 het talle hekelliefhebbers bemoedig en vol hoop gelaat. Die jongste boek in dié reeks bevat nuwe patrone en stories oor hoe hekel 21 mense deur moeilike en donker tye gehelp het. Die stories wissel van verlies, werkverwante stres, depressie, siekte en dood tot mishandeling.

Altesaam 21 mense maak hul harte oop en vertel hul aangrypende verhale van stryd en uiteindelike oorwinning. Hulle vind genesing in hekel en werk konstruktief en kreatief om verlies of hartseer te hanteer. Elke storie dien as inspirasie vir ’n motief en hierdie motief word in ’n projekpatroon gebruik. Daar is maklike en meer uitdagende patrone – iets vir almal. Hekel en word heel 2 bevat patrone vir poncho’s, serpe, tjalies, truie en snoedels om net ’n paar te noem.

Die hekelboek is saamgestel deur Nadia de Kock, Hilda Steyn en Jessica Haasbroek.

Prys: 350,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by 
Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.