[Boek] Hekel teëlmotiewe met ‘n verskil

Almal – oud en jonk – is tans oor die wêreld heen aan die hekel. En oraloor maak die alombekende oumablokkie weer sy verskyning. Hierdie nuwe hekelboek deur ’n topverkoper-outeur bied vars en oorspronklike idees vir motiewe: Marokkaanse, Delftse, Persiese en Mediterreense blokpatrone met interessante tegnieke, soos oppervlakwerk, maak die patrone, wat op verskeie maniere gebruik kan word, anders en interessant. Elke patroon bevat ’n diagram, die
grootte, die aantal kleure, die moeilikheidsgraad en die volledige patroon.

Oor die outeur:
Karen Adendorff is die outeur en samesteller van verskeie topverkoper brei- en hekelboeke en lewer gereeld handwerkbydraes vir Lig, Idees en Vrouekeur. Van haar beste topverkopers sluit in Alles oor hekel en Alles oor hekel 2. Sy kan met reg Suid-Afrika se hekelkoningin beskou word.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R195-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.