Boek: Helde Van Suid-Afrika 1

Wendy Maartens

Ontdek die ongelooflike verhaal van oudpresident Nelson Mandela wat ná 27 jaar in die tronk ons reënboognasie na vryheid gelei het; lees hoe Wolraad Woltemade en sy perd tydens ʼn storm die see ingeswem het om die matrose van ʼn inkende skip te red; en ontmoet ʼn dapper jong seun wat in die Anglo-Boereoorlog geweier het om sy mense te verraai.

Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale:

  1. ʼn Perd van ʼn ander kleur
  2. Die matriekheld van Henley-on-Klip
  3. Nelson Mandela, ʼn leier so na ons hart
  4. Nkosi Johnson veg vir hoop
  5. Wolraad Woltemade, ʼn melkboer met durf
  6. Japie Greyling swyg

Die stories word op ʼn toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R125,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.