Boek: Helde van Suid-Afrika 2

Wendy Maartens

Ontmoet ʼn paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Leer ken ʼn dapper mynwerker wat kaalvuis teen tonne rots baklei het om sy kollegas te red; lees die storie van Klara Majola wat een nag in die Koue Bokkeveld na haar blinde pa gaan soek het; en ontdek die ongelooflike verhaal van Hector Pieterson wat die wêreld se oë oopgemaak het vir die gruwels van apartheid.

Die stories word op ʼn toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!

Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale:

  1. Sultan, die koning van sy baas se hart

Sultan is ʼn dapper hond wat sy baas gered het toe hy op ʼn dag deur ’n elektriese kabel geskok is.

  1. Die bushelde van Westdene

In 1985 beland ʼn skoolbus in ‘n dam – en terwyl die bus in die water wegsink, word ʼn paar skoolkinders helde.

  1. Hector Pieterson maak die wêreld se oë oop

ʼn Onskuldige skoolseun se dood het wêreldnuus geword – en gehelp om ʼn einde aan die gruwels van apartheid te maak.

  1. Duisend kilometer deur die wildernis

Ontmoet die dapper John Ross wat selfs koning Sjaka se respek gewen het nadat hy meer as 1 000 kilometer deur die wildernis gereis het om hulp vir sy mense te ontbied.

  1. Kaalvuis teen tonne rots

Ná ʼn rotsstorting in die City Deep-myn het Richard Simelane besluit om nie moed op te gee nie – hy het die rots met sy kaal hande begin weggrawe.

  1. Klara Majola, kind van die kapok

Een stormnag het ʼn dogtertjie genaamd Klara Majola die ysige koue van die Koue Bokkeveld getrotseer om haar blinde pa te gaan soek.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R125,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.