Boek: Het Janine nou werklik tuisgekom?

Helena Hugo

Die lewe loop wye draaie met Janine. Van die Weskusdorpie waar sy grootgeword het, eers Londen toe saam met Greg Walker en nou weer saam met haar tante, Jessie Scheepers, na Roodepoort. Hier waar die kosmos blom, maar hul meenthuis se tuin uit ʼn verdorde grasperk en ʼn vergroeide rotstuin bestaan. Janine het haar hande vol met haar drie dogtertjies, die oudste drie jaar, die jongste drie maande. Sy is meesal alleen en verlang na geselskap van haar eie ouderdom. Toe breek die meenthuis se geiser…

Moet sy van Greg Walker skei? Moet sy teruggaan dorp toe om ʼn gesin te begin met Bennie Kolwaksi wat haar lief het? Of moet sy toegee aan die welgestelde Werner Hougaardt wat haar met geskenke oorlaai en haar lewe omverwerp? Watter raad sou ouma Leen haar kon gee? God se Woord is so duidelik soos daglig: Staan by die kruispaaie en kyk, en vra na die ou paaie.

Van ongelowige tot diep gelowige leer sy deur haar swaarkry om God alleen te vertrou en haar lewe geheel en al in sy Vaderhande oor te gee.

Die ompad terug, deur Helena Hugo, het pas by Lux Verbi, ʼn druknaam van NB-Uitgewers, verskyn.

Oor die skrywer

Hugo het haar loopbaan as aktrise begin, maar skryf en vertaal deesdae heeltyds. Benewens talle boeiende verhale oor verskillende genres heen, is sy ook regisseur en skrywer van radiodramas en -vervolgverhale. Luisteraars sal haar veral vir Blinkwater en Mooi mense onthou. Sy het ook al drie keer die eerste plek in die Sanlam/RSG-skryfkompetisie gewen en haar drama Swane is met ʼn ATKV-Woordveertjie bekroon. Hugo en haar man, Henk, woon in Roodepoort en het drie volwasse kinders.

Prys: R230,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.