Boek: Het jy al ʼn boomhuis met 65 verdiepings gesien?

Andy Griffiths en Terry Denton

Andy en Terry se fantastiese boomhuis het nou ʼn verstommende 65 verdiepings, en een daarvan is Jill se eie troeteldiersalon waar sy al haar diere kan mooimaak. Opwindende byvoegings tot die boomhuis sluit in: ʼn kamer vol ontploffende oogballe, ʼn suigstokkiewinkel, ʼn dryfsandput, ʼn mierplaas, en ʼn kamer waar dit altyd jou verjaardag is (al is dit nie), ʼn tydmasjien … en Boom-TV: ʼn 24-uur‑nuussentrum wat jou op hoogte hou van al die boomhuisnuus, ander nuus en skinderstories.

Ons vriende is in groot moeilikheid, want Inspekteur Borrelplastiek kom onverwags ʼn besoek aflê om inspeksie te doen. En natuurlik het Andy en Terry hulle nie veel aan bouregulasies en permitte gesteur nie!

Die boomhuis met 65 vloere is deur Andy Griffiths en Terry Denton geskryf en deur Kobus Geldenhuys vertaal.

Oor die skrywer

Griffiths is een van Australië se bekendste kinderboekskrywers. Saam met sy vriend en illustreerder Denton het hulle talle suksesvolle reekse geskryf. Die veelbekroonde Boomhuis-reeks is in meer as 30 lande gepubliseer en het al talle kinderboekpryse gewen. Dit sluit onder meer die Koala-prys en Australiese boekbedryfprys vir jong lesers in.

Prys: R195,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.